Hierdie salm-en-spinasie-rollade is prentjiemooi en perfek as ’n voorgereg
Deur MARELI VISSER
Bestanddele
1 x 25 cm rollade
2 eiers, geskei
300 g gaar spinasie
1,25 ml (¼ t) neutmuskaat
2,5 ml (½ t) suurlemoensap
1 houer (230 g) roomkaas
30 ml (2 e) suurlemoensap
sout en peper na smaak
100 g gerookte salm
Metode
Verhit oond tot 180 °C en berei ’n bakplaat van 22 cm x 25 cm met waspapier voor.
- Kap spinasie met eiergele en neutmuskaat in voedselverwerker fyn.
- Klits eierwit en suurlemoensap tot styf.
- Vou spinasiepuree by eierwit in en smeer dit op bakplaat.
- Bak vir 25 minute totdat spinasie donkerder verkleur.
- Meng roomkaas, suurlemoensap, sout en peper tot smeerbaar.
- Laat spinasiegebak afkoel en verwyder waspapier versigtig. Sny kante netjies.
- Smeer roomkaas oor spinasiegebak en pak ’n laag salm bo-op. Rol rollade soos rolkoek op en maak met kleefplastiek toe.
- Verkil in yskas vir een uur. Sny in netjiese ringe en bedien.