Spinasie en feta is soos vinkel en koljander. Hierdie maklike happies met roomkaas, feta en spek gaan ’n gunstelingresep word
12 happies
Bestanddele
1 rol skilferkorsdeeg
15 ml (1 e) gesmelte botter
3 repe spek
halwe houer roomkaas
1 groot eier
15 ml (1 e) olyfolie
2,5 ml (½ t) dille, fyngekap
500 ml (2 k) gekapte spinasie
1 wiel fetakaas, gekrummel
sout & peper
Metode
Verhit oond tot 200 °C en verf kolwyntjiepan met gesmelte botter.
- Rol skilferkors oop en sny in 12 ewe groot blokke. Druk blokke in kolwyntjiepan. Verkil in yskas.
- Sny spek in blokkies en braai.
- Verhit roomkaas in mikrogolf tot sag en meng tot glad. Meng eier, olie en dille by.
- Meng spek, spinasie, fetakaas, sout en peper en voeg roomkaasmengsel by. Meng goed.
- Skep vulsel in skilferkorsbakkies, vou vier punte na mekaar toe en druk vas.
- Verf liggies met gesmelte botter bo-oor.
- Bak vir 20 minute tot goudbruin en gaar.
- Laat vir 10 minute in pan afkoel en bedien.