Maak spinasie-en-sampioen-quiche vir ’n versnapering óf ’n maaltyd
4 porsies
BESTANDDELE
125 ml sampioene
2,5 ml (½ t) fyn knoffel
300 g jong spinasie
100 g klein tamaties
5 eiers 30 ml
(2 e) room
250 ml (1 k) sterk kaas
sout en peper
METODE
Stel oond op 180 ˚C.
1 Verhit bietjie botter en braai sampioene en knoffel tot sag.
2 Gooi spinasie en tamaties by en braai tot spinasie sag is.
3 Klits eiers, room, kaas, sout en peper.
4 Skep sampioenmengsel by eiermengsel.
5 Verdeel tussen gesmeerde muffinpannetjies. Bak vir 20 minute of tot gestol.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.