Bestanddele
KOEK
250 g (1 pakkie) dadels, fyn gekap
5 ml (1 t) koeksoda
250 ml (1 k) kookwater
3 eiers
187 ml (¾ k) olie
500 ml (2 k) koekmeel
7,5 ml (1½ t) fyn kaneel
5 ml (1 t) gemengde speserye
knypie naeltjies
knypie fyn neut
knypie sout
100 g (1 pakkie) gemengde neute, gekap
VERSIERSEL
60 ml (4 e) botter
20 ml (4 t) bruinsuiker
500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
5 ml (1 t) vanielje
klein bietjie kookwater
50 g (½ pakkie) pekanneute, opsioneel
Metode
1. Koek: Kook dadels en koeksoda in kookwater in kastrol vir 5 min. oor lae hitte tot sag. Maak effens fyn met vurk.
2. Klits eiers en strooisuiker vir 10 min.
3. Voeg olie by en klits nog ’n paar minute.
4. Sif meel, speserye en sout. Roer dadel- en meelmengsel by eiermengsel tot gemeng.
5. Roer neute by.
6. Skep in gesmeerde ringvormige koekpan en bak vir 45 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7. Versiersel: Smelt botter en suiker saam oor lae hitte terwyl geroer word sodat suiker kan oplos.
8. Roer versiersuiker en vanielje by. Voeg bietjie kookwater by totdat versiersel net loperig is.
9. Giet versiersel oor koek en rond met neute af.