Bederf gaste met dié lekkerny
12 porsies
500 g (4 groot) aartappels, geskil
1 hoenderaftrekselblokkie
15 ml (1 e) botter
sout en peper na smaak
1 eiergeel
klont botter
250 g (1 pakkie) spek, gekap
10 ml (2 t) vars pietersielie, gekap
3 grasuie, gekap
5 ml (1 t) Dijonmosterd
OM IN TE ROL
125 ml (½ k) koekmeel
1 eier, geklits
125 ml (½ k) droë broodkrummels
genoeg olie vir vlakvetbraai
1 Kook aartappels in borrelende water waarby hoenderaftrekselblokkie gevoeg is tot jy aartappels met mes kan deursteek.
2 Dreineer. Voeg botter, sout en peper by. Druk met aartappeldrukker tot glad en fyn.
3 Roer eiergeel by tot goed gemeng. Plaas in yskas tot afgekoel.
4 Smelt botter in kastrol. Soteer spek tot gaar. Voeg pietersielie en grasuie by en soteer tot net gaar.
5 Roer mosterd by en meng by aartappelmengsel.
6 Vorm in happiegrootte balletjies.
7 Om in te rol Rol in koekmeel, geklitste eier en dan in broodkrummels en plaas in yskas vir een uur tot styf.
8 Verhit genoeg olie en diepvetbraai balletjies tot goudbruin.
9 Steek balletjies op sosatiestokkies en sit saam met doopsous voor indien verkies.