Spek + pasta = ’n wenner! Maak hierdie Spek-sampioen-en-blomkool-pasta sommer vanaand!
4 tot 6 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) spaghetti
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) olie
bietjie olie
1 ui, gekap
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
1 kop blomkool, in blommetjies gebreek
250 g (1 pakkie) sampioene, in kwarte gesny
45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
sout en peper na smaak
Metode
- Kook spaghetti tot al dente in borrelende water waarby sout en olie gevoeg is. Roer bietjie ekstra olie deur spaghetti sodat dit nie aan mekaar kleef nie. Bedek en hou eenkant.
- Stoom blomkool vir vier minute. Hou eenkant.
- Verhit bietjie olie en soteer ui tot sag. Voeg spek by en braai tot gaar. Voeg blomkool by en braai tot effens verbruin aan buitekant.
- Voeg sampioene by en braai tot net begin sag raak.
- Voeg pietersielie, sout en peper by. Roer deur en verwyder van hitte.
- Roer deur gaar spaghetti en sit dadelik voor.