Lyk hierdie spek-gedraaide hoenderdytjies nie heerlik nie?
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gerasper
5 ml (1 t) fyn knoffel
125 g (½ pakkie) sampioene, fyngekap
10 ml (2 t) vars pietersielie, fyngekap
125 ml (½ k) wit kaas, gerasper
8 hoenderdytjies
sout en peper
200 g (1 pakkie) repiesspek
Metode
- Stel oond op 180 ˚C.
- Verhit olie en braai uie en knoffel tot sag.
- Roer sampioene by en braai tot sag. Roer pietersielie by. Laat mengsel afkoel.
- Roer kaas by sampioenmengsel.
- Sny vleis los van dybeen.
- Stop sampioenmengsel in holte waar been was. Geur vleis met sout en peper.
- Draai spek om dytjie sodat vulsel binne bly.
- Pak op bakplaat en bak vir 25 minute of tot hoender gaar is.
Suzanne is al vir die laaste 10 jaar deel van die Vrouekeur-kosspan.
Sy is passievol oor lekker, maklike en gesonde resepte wat almal kan maak.
Sy is mal oor reis, goeie wyn en lekker geselskap.
As sy nie in die toetskombuis is nie, kan jy haar weekliks op KykNET se Die Groot Ontbyt sien of in die klas by Steyns Culinary School waar sy onderrig bied.