Dit is besig om al kouer te word, dus is hierdie spek-en-tamatiesop die perfekte maaltyd!
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
2 preie, in skyfies gesny
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (. t) droe gemengde kruie
2 50 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
410 g (1 blik) gekapte tamaties
210 g (1 blikkie) tamatiepuree
1 ℓ (4 k) hoenderaftreksel
sout en peper na smaak
Metode
- Verhit olie en soteer preie, knoffel en kruie tot sag. Voeg spek by en soteer tot gaar.
- MAAK OOK: Vinnige ertjiesop
- Voeg tamaties, tamatiepuree, hoenderaftreksel, sout en peper by.
- Laat vir 45 minute oor matige hitte prut tot sop ¼ afgekook het en effens dikker is.
- Sit warm saam met vars brood voor.