Lekker as ‘n bygereg of hoofgereg!
4 tot 6 porsies
Bestanddele
6 groot aartappels
bietjie olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) spek, gekap
45 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
250 ml (1 k) suurroom
125 ml (½ k) Bulgaarse jogurt
1 ml sout
swartpeper na smaak
bietjie gerasperde kaas
Metode
- Verhit ongeveer 750 ml (3 k) water en 7,5 ml (1½ t) sout in kastrol tot kookpunt.
- Plaas aartappels met skil daarin. Plaas deksel skeef op en kook aartappels tot net gaar, ongeveer 20 minute. Dreineer en hou eenkant.
- Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui sag is. Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog drie minute.
- Roer suurroom, jogurt, sout en peper by. Laat prut oor lae hitte tot deurwarm.
- Sny kruis aan bokant van aartappels en plaas op bakplaat. Breek aartappels effens oop vir vulsel.
- Verdeel vulsel tussen aartappels.
- Sprinkel bietjie kaas bo-oor en rooster onder oond se element tot goudbruin bo-op.