12 porsies
Bestanddele
BROSKORSDEEG
500 ml (2 k) koekmeel
knypie sout
190 g botter
1 eiergeel
90 ml (6 e) yswater
VULSEL
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) spek, gesnipper
170 g (1 blikkie) garnale, gedreineer
sout en peper
?3 eiers
75 ml (5 e) melk
250 ml (1 k) room
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Broskorsdeeg: Sif koekmeel en sout. Vryf botter met vingerpunte in koekmeel tot mengsel soos broodkrummels lyk.
2. Klits eiergeel en water en meng by meel-en-bottermengsel tot deeg vorm.
3. Bedek deeg met kleefplastiek en verkoel in yskas vir 1 uur.
4. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 4 mm dik uit en voer geskikte quichebak daarmee.
5. Bak tertkors blind vir 15 min. Verwyder bakpapier en boontjies.
6. Vulsel: Verhit olie en soteer ui en knoffel tot sag. Voeg kruie en spek by en soteer tot spek gaar is.
7. Skep spekmengsel op klaar kors. Skep garnale daarop.
8. Geur met sout en peper na smaak.
9. Klits eiers en melk. Roer room by. Giet bo-oor spekmengsel.
10. Bak vir 45 min. of tot gestol in middel.