Avokado’s is heerlik in menige geregte en beslis gesond
8 porsies
Bestanddele
bietjie avokado olie
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekneus
250 g (1 pakkie) spek, gekap
2 takkies vars pietersielie, fyn gekap
2 avokado’s
30 ml (2 e) suurlemoensap
sout en swartpeper na smaak
125 g (½ bakkie) geroomde maaskaas
Metode
- Verhit olie en soteer ui en knoffel daarin tot sag.
- Voeg spek by en soteer tot gaar. Voeg pietersielie by en soteer nog bietjie. Laat afkoel en kap spek fyner.
- Druk avokado fyn en voeg suurlemoensap, sout en swartpeper by.
- Roer geroomde maaskaas by avokadomengsel tot goed gemeng. Roer spekmengsel daarby.
- Sit voor saam met tortilla’s met vulsel of as doopsous saam met groentes of beskuitjies.