4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) spaghetti
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars gekapte knoffel
knypie droë gemengde kruie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
30 ml (2 e) blatjang
sout en peper na smaak
340 g (1 blik) pitmielies, gedreineer
400 g (1 blik) geroomde tamatiesop
500 ml (2 k) mozzarella, gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Kook spaghetti in borrelende water waarby bietjie sout en olie gevoeg is tot net gaar. Dreineer, roer bietjie olie deur en hou eenkant tot benodig.
2 Verhit bietjie olie en soteer ui, knoffel en kruie tot sag.
3 Voeg spek by en soteer vir 5 min. Voeg sampioene by en soteer tot sag.
4 Voeg blatjang, sout, peper, pitmielies en sop by. Laat prut vir 5 min. tot verdik. Verwyder van hitte.
5 Meng spaghetti en helfte van kaas by. Skep in oondbak wat met kossproei gespruit is.
6 Sprinkel oorblywende kaas bo-oor. Bak vir 25 min. Sit warm voor.