Wonder jy wat om vir aandete te maak? Hier is ’n lekker en maklike resep vir soutsuur varkvleisblokkies
4 porsies
bietjie olie
1 ui, gekap
600 g varkvleis, in blokkies gesny sout en peper na smaak
440 g (1 blik) pynappelstukkies in stroop
125 ml (½ k) soetrissiesous
10 ml (2 t) sojasous
5 ml (1 t) mielieblom
LEES OOK: Varkvleisfrikkadelle
- Verhit bietjie olie en soteer ui tot sag.
- Voeg varkvleis by en soteer tot vleis goudbruin is.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Voeg pynappelstukkies saam met 187 ml (¾ k) van die stroop by.
- Meng soetrissiesous, sojasous en mielieblom tot glad. Voeg by varkvleismengsel en meng.
- Prut sonder deksel vir vyf minute tot sous goed verdik.
- Sit saam met koeskoes of rys voor.