Almal ken soetbrood, die een met room en bruinsuiker. Maak vir Nasionale Braaidag ’n soutbrood
8 bolletjies
Bestanddele
250 ml (1 k) louwarm water
5 ml suiker
½ pakkie (5 g) kitsgis
40 ml botter, kamertemperatuur
650 ml (350 g) witbroodmeel
2,5 ml sout
1 pakkie Knorr Potato Bake
500 ml (2 k) room
250 ml (100 g) gerasperde cheddarkaas
Metode
Voorverhit oond tot 180 °C en berei ’n 22 cm-swartboompot met gesmelte botter voor.
- Plaas water, suiker en gis in mengbak en meng totdat gis opgelos het.
- Voeg botter by en meng goed.
- Voeg broodmeel en sout by en knie vir 10 minute tot deeg glad en elasties is.
- Bedek mengbak met plastieksak en laat rys deeg op louwarm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute.
- Knyp agt balle af, druk vas aan onderkant en plaas in pot.
- Bedek pot met plastieksak en laat rys deeg weer tot dubbel die volume, sowat 30 minute.
- Meng Potato Bake en room en gooi bo-oor balletjies.
- Bak sonder deksel vir 35 minute tot gaar. Sprinkel kaas bo-oor en bak vir vyf minute tot kaas gesmelt is.