Hou die koue weg met ’n heerlike souserige sitruspoeding
Deur SUZANNE CROZIER en MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL
6–8 porsies
Bestanddele
150 g botter, gesmelt
1 suurlemoen se skil, fyngerasper
1 lemoen se skil, fyngerasper
40 ml (8 t) suurlemoensap
40 ml (8 t) lemoensap
375 ml (1½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) bruismeel
250 ml (1 k) melk
4 eiers, geskei
SOUS
125 ml (½ k) suiker
40 ml (8 t) lemoensap
125 ml (½ k) water
Maak ook hierdie gebakte pynappelpoeding
Metode
Stel oond op 180 ˚C.
- Klits botter, skil, sap, suiker, meel, melk en eiergele saam in mengbak.
- Klits eierwitte tot sagtepuntstadium. Meng klein bietjie by deeg en vou dan res in.
- Smeer klein oondbakkies met botter en giet mengsel daarin.
- Bak vir 25–30 minute of tot gestol.
- Sous Plaas suiker, sap en water in kastrol en bring tot kookpunt.
- Giet oor warm poeding.
- Sprinkel met versiersuiker en bedien met geklopte room.