’n Souserige gebakte sjokoladetert is die antwoord wanneer jy teen teetyd na iets soets smag
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
10 tot 12 porsies
Bestanddele
TERT
2 ekstragroot eiers, geskei
125 ml (½ k) strooisuiker
30 ml (2 e) kookwater
60 ml (4 e) olie
125 ml (½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
60 ml (4 e) kakao
knypie sout
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
SOUS
90 ml (6 e) volroommelk
90 ml (6 e) strooisuiker
9 0 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
30 ml (2 e) botter
SJOKOLADE-KARAMELLAAG
90 g (1 plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
3 60 g (1 blik) gekookte
karamelkondensmelk
1 Flake, gebreek
LEES OOK: Sjokoladerolkoek
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Tert Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
- Meng kookwater en olie.
- Sif meel, bakpoeier, kakao en sout bymekaar. Roer oliemengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng. Roer vanieljegeursel by.
- Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou by beslag in.
- Skep beslag in oondbak van 22 cm in deursnee wat met kossproei gespuit is.
- Bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Sous Plaas al die bestanddele saam in kastrol. Verhit oor matige hitte tot gesmelt. Roer gereeld.
- Giet warm sous oor tert sodra dit uit oond kom.
- Laat tert afkoel.
- Sjokolade-karamellaag Smelt sjokolade oor dubbelkoker of in mikrogolf teen 50% krag vir een minuut. Roer en mikrogolf vir nog een minuut. Roer tot sjokolade glad en sonder klonte is.
- Roer kondensmelk tot glad. Meng by gesmelte sjokolade en smeer booor tert.
- Sprinkel gebreekte Flake oor tert en versier soos verkies.