6 porsies
Bestanddele
- 1 kop broccoli, in blommetjies gebreek
- 6 hoenderborsies, gaar en in blokkies gesny
Sous
- 30 ml (2 e) botter
- 30 ml (2 e) koekmeel
- 250 ml (1 k) volroommelk
- 2 ml sout
- knypie peper
- 250 ml (1 k) room
- 60 ml (4 e) soetrissieblatjang
- 250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
- 60 ml (4 e) kasjoeneute, gekap
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Plaas broccoliblommetjies in glasbak met 10ml (2 t) water. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf op hoog vir vier minute. Laat bietjie afkoel en trek kleefplastiek gedeeltelik weg sodat oortollige water afgegiet kan word.
- Plaas broccoli onder in gesmeerde oondbak van ongeveer 20cm X 30cm groot.
- Skep hoenderblokkies bo-op broccoli.
- Sous Smelt botter en koekmeel saam. Voeg melk bietjies op ‘n slag by en roer goed sodat dit nie klonte vorm nie. Laat kook tot sous borrels vorm en dik is.
- Verwyder van hitte en roer sout, peper, room, soetrissieblatjang en helfte van kaas by tot goed gemeng.
- Skep sous bo-oor hoender in oondbak. Sprinkel oorblywende kaas en kasjoeneute bo-oor.
- Bak vir 20 tot 25 minute tot deurwarm.
- Sit saam met rys of koeskoes voor.