Met liefde gemaak – 4 porsies
Om dik witsous te maak
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) volroommelk
1 ml sout
swartpeper na smaak
Souffle
125 g (½ pakkie) sampioene, gekap
4 eiers, geskei
250 ml (1 k) witsous
knypie knoffelsout
15 ml (1 e) parmesaankaas
knypie rooipeper
Stel oond op 180 °C.
1 Witsous Smelt botter in kastrol. Roer koekmeel by. Roer melk stadig by. Roer en kook drie tot vyf minute oor lae hitte tot sous glad en dik is. Geur met sout en peper.
2 Souffle Verhit bietjie olie en soteer sampioene tot gaar.
3 Klits eiergele met vurk en roer by witsous. Voeg sampioene, knoffelsout, parmesaankaas en rooipeper by.
4 Klits eierwitte tot styf met elektriese klitser en vou by witsousmengsel in.
5 Gebruik vier medium grootte ongesmeerde ramekinbakkies. Verdeel soufflemengsel tussen bakkies.
6 Plaas ramekinbakkies in oondpan wat met water gevul is sodat bakkies halflyf in water staan.
7 Bak vir 45 minute tot goudbruin bo-op.
8 Sit dadelik voor.