Het jy al ooit probeer om Franse uiesop te maak? Dis eintlik baie maklik!
4 porsies
Bestanddele
4 groot uie, in halfmaanringetjies gekap
125 ml (½ k) botter
5 ml (1 t) suiker
60 ml (¼ k) koekmeel
3 vars tiemietakkies
1 lourierblaar
1 ℓ (4 k) beesaftreksel
sout en peper
1 baguette
250 ml (1 k) gruyere of sterk wit cheddar
Metode
- Verhit botter en braai uie stadig daarin – ongeveer 20–30 minute. Uie moet diep karamelkleur hê.
- Gooi suiker, koekmeel en kruie by en roer goed.
- Roer aftreksel stadig by en roer goed. Geur met sout en peper. Bring tot kookpunt.
- Sny brood in 1 cm-skywe. Skep sop in sopbakkies, sit twee snye brood bo-op en sprinkel goed met kaas.
- Sit bakkies sop op bakplaat en plaas onder roosterelement tot kaas smelt en broodjies brosser word.