Grenadellas is seker een van die heerlikste vrugte om te geniet, in gebak of sommer so uit die dop. Loer in ons 28 Februarie-uitgawe vir ‘n paar heerlike resepte en maak dié maklike tert.
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Foto ANDREA CALDWELL
Grenadellatert
6 porsies
Bestanddele
KORS
200 g (1 pakkie) Tennisbeskuitjies
60 ml (4 e) botter, gesmelt
VULSEL
500 ml (2 k) grenadellajogurt
385 g (1 blik) kondensmelk
Metode
- Kors Maak tenniskoekies in voedselverwerker fyn. Giet gesmelte botter by en verwerk tot gemeng.
- Druk koekiekrummels in 6 klein tertbakkies of 1 ronde tertbak met 20 cm deursnee teen kante en bodem van tertbord vas.
- Vulsel Meng jogurt met kondensmelk en giet in koekiekors.
- Mikrogolf op hoog vir 3 minute tot amper gestol in middel.
WENK Alle mikrogolfoonde is nie dieselfde sterkte nie. Ons s’n is in ‘n 700 W-oond getoets. As jy ‘n kleiner oond gebruik, moet dit net ‘n bietjie langer gemikrogolf word