Ons ken soetsuur vark, maar het jy al ooit gewonder hoe soetsuur stokvis proe? Maak dié resep sommer vanaand!
4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) stokvis
45 ml (3 e) sojasous
genoeg olie vir diepvetbraai
SOUS
bietjie olie
1 ui, gekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
½ groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
4 40 g (1 blik) geblikte pynappelblokkies, gedreineer
15 ml (1 e) suiker
10 ml (2 t) mielieblom
sout en peper na smaak
LEES OOK: Soetsuur varkkasserol
Metode
- Sny vis in happiegrootte blokkies.
- Doop in sojasous en braai in warm olie tot goudbruin.
- Plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer.
- Sous Verhit bietjie olie en soteer ui tot sag. Voeg soetrissies by en soteer nog twee minute.
- Voeg pynappelblokkies by.
- Neem bietjie van pynappelsap wat afgegiet is en meng saam met suiker en mielieblom tot gladde pasta. Voeg nog bietjie pynappelsap by en meng tot meer loperige pasta. Roer oorblywende pynappelsap by.
- Giet pynappelsap by uiemengsel en kook tot sous verdik.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Giet sous oor gebraaide blokkies vis of sit in aparte bakkie waarin gebraaide visstukkies gedoop kan word.