Hier is ’n resep vir soetrissie-hoendersosaties met ’n lipleklekker-sousie
4 porsies
Bestanddele
8 tot 10 houtsosatiestokkies
6 hoenderborsies, ontbeen en in
blokke gesny
60 ml (4 e) olie
30 ml (2 e) heuning
5 ml (1 t) gemmer, fyngerasper
5 ml (1 t) knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) Dijonmosterd
knypie sout en peper
15 ml (1 e) witasyn
80 ml (1/3 k) soetrissiesous
30 ml (2 e) sojasous
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in blokke gesny
LEES OOK: Maak Jan Braai se braaibroodjie
Metode
- Week sosatiestokkies minstens 30 minute in water om te voorkom dat stokkies brand wanneer gebraai word.
- Sny hoenderborsies in blokke van ongeveer 3 cm x 3 cm.
- Meng olie, heuning, gemmer, knoffel, Dijonmosterd, sout, peper, asyn, soetrissiesous en sojasous.
- Ryg hoender en soetrissies alternatiewelik op sosatiestokkies.
- Verf heuningmengsel bo-oor sosaties, ook terwyl jy braai.
- Braai sosaties oor kole tot gaar.