
Dit is deesdae hoogmode om jou hele maaltyd in ’n bakkie te bedien. Probeer dié soesji-bakkie!
4 porsies
Bestanddele
500 ml (2 k) soesjirys
560 ml (2 k + ¼ k) water
75 ml (5 e) ryswynasyn
30 ml (2 e) suiker
2,5 ml (½ t) sout
1 50 g (1 pakkie) gerookte salmstukkies
5 g (1 pakkie) seegras, in stukke gebreek (Woolworths)
2 50 g (1 pakkie) wortels, in julienne-repies gesny
2 avokado’s, in blokkies gesny
1 komkommer, in juliennerepies gesny
sesamsaad
sojasous
Metode
- Spoel rys in koue water af tot water helder is. Laat rys vir 15 minute in koue water staan.
- Kook rys in water tot sag en stoom verder met ’n bietjie water indien nog nie gaar nie.
- Meng asyn, suiker en sout tot opgelos. Gooi by rys en sny met vurk in.
- Skep rys in bakkies. Verdeel salm, seegras, wortel, avokado en komkommer in elke bakkie.
- Sprinkel met bietjie sesamsaad en laat elkeen homself met sojasous help.
WENKE
- Jy kan ook mayonnaise en wasabi op die tafel sit waarmee gaste hulself kan help
- Soesjirys kan by Chinese winkels of by Woolworths gekoop word
