ongeveer 16
Bestanddele
175 g botter
125 ml (½ k) versiersuiker
250 ml (1 k) koekmeel
125 ml (½ k) mielieblom
knypie sout
200 g (1 groot plak) donkersjokolade
Metode
Stel oond op 180 °C.
1 Room botter en versiersuiker tot liggeel.
2 Sif koekmeel, mielieblom en sout. Meng meelmengsel by bottermengsel tot deeg vorm.
3 Skep deeg in versiersak met sterspuitpunt met 8 mm-deursnee.
4 Voer bakplaat met bakpapier en spuit vingers van ongeveer 6 cm lank op bakpapier.
5 Bak vir 15 min. of tot goudbruin.
6 Skep op afkoelrakkie en laat eenkant tot heeltemal afgekoel.
7 Smelt sjokolade in mikrogolf teen 70% krag of in dubbelkoker.
8 Doop punte van vingers in sjokolade. Plaas op bakpapier tot gestol.