Hannelie se kosfilosofie is: “Kos is jou petrol. Dis eenvoudig: As ’n mens sleg eet, gaan jy sleg voel en lyk”. Sy deel haar resep vir ‘n heerlike Hollandse slaai met ons
Hollandse slaai
4 porsies
4 groot aartappels
bietjie sout
250 ml (1 k) gevriesde wortelblokkies
250 ml (1 k) gevriesde klein ertjies
4 appels, geskil, ontpit en in blokkies gesny
2 groot agurkies, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap
sout en peper na smaak
125 ml (½ k) mayonnaise
340 g (2 x 170 g-blikkies) tunastukke in water, gedreineer
- Kook aartappels in water waarby bietjie sout gevoeg is tot gaar.Dreineer en plaas in yskas om af te koel.
- Trek aartappels se skille af en sny in blokkies.
- Sit wortels in mikrogolfbak saam met 5 ml (1 t) water. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 3 minute. Trek kleefplastiek af. Dreineer.
- Voeg ertjies by wortels en sit in yskas tot koud.
- Voeg appels, agurkies en ui by. Geur na smaak met sout en peper.
- Roer mayonnaise by en meng goed.
- Voeg tuna by en roer liggies deur.
- Hou in yskas tot goed koud.
WENK Voeg blaarslaai, klein garnale, hardgekookte eierskywe en vars pietersielie by vir iets meer vullends. Jy kan ook die tuna met mossels, ham of beesvleisstukkies vervang