Avokado’s is nou volop. Loer in ons 25 Julie-uitgawe vir vier heerlike resepte en probeer dié lekker slaai.
4 porsies
Bestanddele
bietjie olie
1 ui, gekap
600 g beesvleisrepies
knypie Cajun-speserye
knypie Portugese speserye
1 pakkie klein mielies, kleiner ringetjies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
60 ml (4 e) soetrissiesous
500 ml (2 k) broccoli, in blommetjies gebreek
250 g (1 pakkie) eiernoedels
2 avokado’s, afgeskil, ontpit en in repe gesny
handvol boontjiespruite
handvol vars mikroblaartjies (opsioneel) of vars kruie
Slaaisous
30 ml (2 e) heuning
30 ml (2 e) soetrissiesous
30 ml (2 e) witasyn
30 ml (2 e) strooisuiker
60 ml (4 e) olie
knypie sout en peper
Metode
- Verhit olie en soteer ui tot sag. Skep uit.
- Verhit nog olie indien nodig en braai beesvleisrepies tot gaar en goudbruin. Geur na smaak met Cajun- en Portugese speserye terwyl gebraai word.
- Voeg mielies en soetrissies by en roerbraai vir drie minute.
- Skep uimengsel terug en meng soetrissiesous daarby.
- Stoom broccoli vir drie minute in mikrogolf.
- Gooi 750 ml (3 k) kookwater in diep kastrol op matige hitte. Sit eiernoedels in kookwater. Laat vir vyf minute prut tot eiernoedels vloeistof geabsorbeer het. Hierdie noedels word nie dreineer nie.
- Skep eiernoedels in opdienbord, gevolg deur vleis- en groentemengsel.
Pak avokadoskywe bo-op. - Sprinkel boontjiespruite en mikroblaartjies (opsioneel) bo-oor.
- Slaaisous Meng bestanddele saam en skep oor slaai.
- Sit dadelik voor.