Maak hierdie lekker skuimpienessies die naweek! Dis ook ’n oulike bederfie vir Moedersdag
16 nessies
Bestanddele
MERINGUE
4 ekstragroot eierwitte
knypie sout
375 ml (1½ k) strooisuiker
60 ml (4 e) mielieblom
30 ml (2 e) witasyn
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
SJOKOLADEMOUSSE
400 g bruinsjokolade, in blokkies gebreek
375 ml (1½ k) room
Metode
Stel oond op 120 °C.
- Klits eierwitte en sout met elektriese klitser tot sagte punte vorm.
- Voeg strooisuiker bietjiesgewys by en klits tot styf.
- Sif mielieblom oor eierwitte. Voeg asyn en vanieljegeursel by. Klits weer tot stywe punte vorm.
- Vul versierbuis met meringue en spuit nessies so groot soos verkies.
- Bak 30 minute by 120 °C en verlaag dan hitte na 100 °C en bak nog 30 minute. Maak oonddeur effens oop en laat in oond afkoel.
- Sjokolademousse Smelt sjokolade en room saam in glasmengbak in mikrogolf teen 50% krag vir twee tot drie minute. Roer elke minuut.
- Roer tot glad en sonder klonte. Laat vir 40 minute in yskas afkoel. Dit moenie gestol wees nie.
- Klits met elektriese klitser tot pofferig. 9 Skep sjokolademousse in skuimpienessies en sit voor.