As jy al Skotse eiers geëet het sal jy weet dat dit eintlik baie lekker is! Maak jou eie met dié resep
8 porsies
Bestanddele
600 g boerewors, ontvel
187 ml (¾ k) vars broodkrummels
45 ml (3 e) blatjang
knypie sout en peper
8 hardgekookte eiers
125 ml (½ k) koekmeel
1 eier, geklits
375 ml (1½ k) gekoopte droë krummels
750 ml (1 bottel) olie
Metode
- Meng vleismengsel, broodkrummels, blatjang, sout en peper.
- Dop hardgekookte eiers af.
- Verdeel vleismengsel in agt dele en vorm rondom eiers.
- Plaas koekmeel, geklitste eier en droë broodkrummels in aparte vlak bakkies en rol die eier om die beurt in koekmeel, eier en krummels.
- Verhit genoeg olie en braai eiers tot goudbruin.
- Skep uit en plaas op kombuispapier om oortollige olie te absorbeer. Laat afkoel.
- Verpak in geskikte bak.