Maak dié maklike skilferkors-appeltertjies vir tee of ’n nagereg
4 porsies
Bestanddele
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
60 ml (¼ k) sagte botter
80 ml (1/3 k) bruinsuiker
15 ml (1 e) fyn kaneel
knypie gemengde speserye
2 Granny Smith-appels, in kwarte gesny en stronk verwyder
bietjie melk
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Rol skilferkorsdeeg oop en sny in vier reghoeke.
- Sny elke reghoek in driehoek.
- Smeer deeg liggies met botter en sprinkel met bruinsuiker en geurmiddels.
- Plaas appelkwart op onderkant van driehoek en rol dit op.
- Plaas op bakplaat, verf met melk en sprinkel met bietjie suiker.
- Bak vir 20 minute of tot deeg gaar en krakerig is. Bedien warm met vla.