Geniet skemerkelkies met Amarula se heerlike resepte
Amarula Nightcap (bedien warm)
25 ml Amarula Cream
25 ml Amarula Gold
25 ml Nachtmusik-sjokoladelikeur
200 ml warm melk
Slagroom en sjokoladeskaafsels vir garnering (opsioneel)
1 Gooi Amarula Cream, Amarula Gold en Nachtmusik in drankmenger en
skud.
2 Skink inrooiwynglas met ’n teelepel daarin om te keer dat dit kraak wanneer warm melk bygevoeg word.
3 Verhit melk en gooi in glas.
4 Roer inhoud en plaas slagroom en sjokoladeskaafsels bo-op.
Amarula Whipped Cream Deluxe (bedien koud)
25 ml Amarula Cream
50 ml Amarula Gold
25 ml Nachtmusik-sjokoladelikeur
200 ml koue melk
Ysblokkies
Slagroom en sjokoladeskaafsels (opsioneel)
1 Gooi Amarula Cream, Amarula Gold, Nachtmusik, melk en ’n paar ysblokkies in drankmenger en skud.
2 Skink in brandewyn-ballonglas.
3 Plaas slagroom bo-op en strooi dun sjokoladeskaafsels oor.
Meer inligting
Besoek www.amarula.com vir meer inligting of volg Amarula op Facebook en Twitter. Gesels saam deur #MarulaLove te gebruik.