Maak hierdie heerlike skelvistagliatelle, dit beloof om ’n wenner te wees!
4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) skelvis
250 ml (1 k) volroommelk
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
410 g (1 blik) gekapte tamaties
knypie sout en peper
5 ml (1 t) suiker
250 ml (1 k) dikroom
500 g (1 pak) tagliatelle
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) olie
LEES OOK: Gebakte vis in room
Metode
- Plaas skelvis en volroommelk in kastrol en verhit tot kookpunt. Draai stoofplaat se hitte laer en prut vir 15 minute of tot skelvis gaar is. Skep skelvis met gaatjieslepel uit. Laat effens afkoel en vlok met vurk.
- Verhit olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is. Voeg tamaties by en prut oor lae hitte vir 15 minute tot sous met omtrent helfte van vloeistof weggekook het.
- Roer sout, peper en suiker by. Voeg dikroom by. Skep skelvis by en prut tot deurwarm.
- Verhit genoeg water in kastrol saam met sout en olie tot borrelend. Kook pasta tot al dente daarin. Roer klein bietjie olie deur sodat pasta nie aan mekaar vaskleef nie.
- Skep tagliatelle in opdienbak. Skep skelvissous oor en sit warm voor.