‘n Maklike skelvissop vir ‘n vinnige weeksaandete
• 4 porsies
Bestanddele
500 g (1 pak) skelvis
750 ml (3 k) volroommelk
2 uie, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 ml sout
swartpeper na smaak
125 ml (½ k) room
Metode
1 Plaas vis en melk saam in klein kastrol en verhit tot warm.
2 Laat kook vir 20 minute tot gaar. Skep vis uit.
3 Voeg uie, pietersielie en aartappels by melk in kastrol. Sit kastrol se deksel op en laat kook oor mediumhitte tot aartappels sag is.
4 Verpulp aartappelmengsel bietjies op ‘n slag in voedselverwerker tot glad.
5 Giet verpulpte aartappelmengsel terug in kastrol.
6 Vlok vis met vurk. Skep vis terug by aartappelmengsel in kastrol.
7 Roer sout, peper en room by. Laat sop deurwarm word, maar nie borrel nie.
8 Skep in bakkies en sit warm voor.