Die geliefde sangeres Rina Hugo sê sy assosieer kos met kuier saam met goeie vriende en familie. Sy deel haar resep vir ‘n skaapboud met ons
“My lekkerste resep vir ’n steakbraai? Maak ’n mengsel van sonneblomolie en baie sojasous. Die vuur moet lekker warm wees. Doop net jou stuk steak in die oliemengsel en sit op die vuur. Jy kan die proses herhaal en die vleis met van die mengsel bedruip terwyl dit gaar word as jy wil. Jy het geen ander speserye nodig nie en dis baie lekker.
Skaapboud
6 porsies
2,5 kg tot 3 kg skaapboud
genoeg sout en peper
1 ml droë roosmaryn
1 ml droë basiliekruid
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
halwe suurlemoen se sap
genoeg Mrs Balls-perskeblatjang
Stel oond op 180 °C.
- Sit skaapboud op dubbelgevoude stuk foelie.
- Smeer skaapboud met genoeg sout, peper, roosmaryn, basiliekruid en knoffel.
- Drup van suurlemoensap bo-oor skaapboud. Smeer boud goed met perskeblatjang.
- Draai skaapboud om en doen dieselfde aan die ander kant.
- Maak boud met foelie toe en plaas in oondpan.
- Bak skaapboud vir 2½ tot 3 ure, afhangend van grootte daarvan.
- Haal skaapboud uit foelie en rooster onder oond se element.
Wenk
Droë roosmaryn en basiliekruid kan ook met ander vars kruie soos tiemie vervang word