Beskuit en koffie is net die ding om ‘n koue oggend mee te begin
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS en SUZANNE CROZIER
Foto’s ELMARIE KNAPTON
ongeveer 60 stukke
750 ml (3 k) volkoringmeel
500 g (4 k) koekmeel
500 ml (2 k) bruinsuiker
1 250 ml (5 k) sjokolade corn flakes
375 ml (1 ½ k) hawermout
60 ml (4 e) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
500 g (1 blok) botter
750 ml (3 k) volroommelk
30 ml (2 e) wit asyn
3 ekstragroot eiers
10 ml (2 t) koeksoda
Stel oond op 180 °C.
1 Roer volkoringmeel, koekmeel, suiker, corn flakes, hawermout, bakpoeier en sout saam.
2 Smelt botter en laat effens afkoel.
3 Roer melk en asyn bymekaar.
4 Klits eiers en roer by melkmengsel. Roer afgekoelde botter en koeksoda ook daarby.
5 Meng melkmengsel by meelmengsel en meng tot deeg.
6 Skep deeg in gesmeerde oondpan van 26cm x 38cm groot wat met botter gesmeer is.
7 Bak vir 60 minute. Laat effens afkoel en keer dan op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
8 Sny in stukkies en droog uit teen 70 °C vir 5 ure of tot droog.