Hierdie sjokoladetowerkoek word met ’n slap deeg gemaak en wanneer jy dit bak, skei dit in drie delikate lae
1 koek
Bestanddele
4 eiers, geskei
180 ml (170 g) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
120 ml (115 g) botter, gesmelt
180 ml (95 g) koekmeel
60 ml (30 g) kakao
500 ml (2 k) louwarm melk
versiersuiker om bo-oor te sif
Metode
Voorverhit oond tot 160 °C.
Smeer ’n 20 cm-koekpan met botter en waspapier en bestrooi dit met kakao.
- Klits eierwitte styf.
- Klits eiergele, suiker en vanieljegeursel tot lig en donsig.
- Gooi gesmelte botter by en klits vir twee minute. Sif koekmeel en kakao by en klits goed.
- Gooi louwarm melk by beslag en klits.
- Vou eierwitte by mengsel in.
- Gooi beslag in pan.
- Bak vir 60 minute tot gaar.
- Laat koek vir drie uur in pan afkoel.
- Bedien met gesifte versiersuiker booor.
Wenk
Vir ’n vanieljekoek, los net die kakao uit die resep