Bak ’n veerligte sjokoladerolkoek
waaroor almal mal sal wees
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
Sjokoladerolkoek
12 porsies
Bestanddele
ROLKOEK
187 ml (¾ k) koekmeel
45 ml (3 e) kakao
7,5 ml (1½ t) bakpoeier
knypie sout
4 ekstragroot eiers
15 ml (1 e) water
187 ml (¾ k) strooisuiker
VERSIERSUIKER
100 g (1/5 blok) sagte botter
60 ml (4 e) kakao, gesif
875 ml (3½ k) versiersuiker, gesif
1 ml bakpoeier
75 ml (5 t) volroommelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Stel oond op 200 °C
LEES OOK: Maak hierdie lekker kondensmelk-en-sjokolade-rol
Metode
- Rolkoek Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam.
- Klits eiers en water tot liggeel.
- Klits strooisuiker bietjies op ’n slag by tot goed opgelos.
- Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
- Skep beslag op bakplaat van ongeveer 38 cm x 23 cm wat met bakpapier uitgevoer is.
- Bak vir 15–18 minute.
- Keer rolkoek op nuwe stuk bakpapier met gesprinkelde strooisuiker uit.
- Trek gebruikte bakpapier af en sny kante van rolkoek af sodat dit maklik kan oprol.
- Rol rolkoek saam met bakpapier op. Hou eenkant om af te koel.
- Versiersuiker Room botter tot liggeel met elektriese klitser vir ongeveer drie minute.
- Sif kakao, versiersuiker en bakpoeier saam. Voeg helfte van versiersuikermengsel en melk by bottermengsel. Klits vir ongeveer vyf minute tot donserig.
- Voeg oorblywende versiersuikermengsel bietjies op ’n slag by terwyl jy aanhoudend klits totdat dit pofferig is.
- Voeg vanieljegeursel by en klits deur tot goed gemeng.
- Rol rolkoek oop. Smeer versiersuiker oor rolkoek en rol dan weer met behulp van bakpapier op. Dié keer moet bakpapier nie in binnekant van rolkoek wees nie.
- Rond af soos verkies en sny in skywe.