Kersdag is gewoonlik baie warm en hierdie sjokoladepawlowa is net reg vir ’n Suid-Afrikaanse feestafel
8 groot of 12 klein
Bestanddele
4 groot eierwitte
knypie kremetart
250 ml (230 g) strooisuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 5 ml (1 e) mielieblom (maizena)
30 ml (2 e) kakao
VULSEL
1 boks vanieljekitspoeding
250 ml (1 k) melk
125 ml (½ k) room
5 ml (1 t) vanielje
aarbeie
sjokoladeganache
Metode
Voorverhit oond tot 190 °C en voer twee bakplate met waspapier uit.
- Klits eierwitte en kremetart tot sagtepuntstadium.
- Gooi strooisuiker stadig by en klits tot styf.
- Voeg vanieljegeursel by en klits deur.
- Sif mielieblom by beslag en vou in.
- Skep lepels vol van beslag op bakplate en maak effens gelyk met lepel.
- Sif kakao bo-oor en maak sirkelbewegings om sjokoladestrepe te kry.
- Bak vir vyf minute, stel oond af na 110 °C, bak vir verdere 40 minute tot gaar.
- Vulsel Meng kitspoeding en melk en roer tot glad.
- Klits room en vanielje styf en vou by mengsel in.
- Skep vulsel op afgekoelde pawlowa en versier met aarbeie en sjokoladeganache.