Sukkel jy om nee te sê vir sjokolade? Maak dié sjokolademuffins met jogurt
4–6 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) koekmeel
15 ml (1 e) mielieblom
5 ml (1 t) koeksoda
knypie sout
60 ml (¼ k) kakao
125 ml (½ k) donkersjokoladesplinters
3 ryp piesangs
1 eier
125 ml (½ k) dubbeldikjogurt
60 ml (¼ k) gesmelte botter
5 ml (1 t) vanielje
125 ml (½ k) bruinsuiker
Maak ook ‘n bruintjie-roomyskoek
Metode
Stel oond op 180 °C.
- Smeer muffinpanne met botter en sprinkel goed met kakao.
- Meng meel, mielieblom, koeksoda, sout, kakao en sjokolade.
- Druk piesangs met vurk fyn en voeg eier, jogurt, botter, vanielje en suiker by.
- Voeg droë bestanddele by nat bestanddele en roer tot net gemeng.
- Skep in muffinholtes en bak vir 18–20 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Laat effens afkoel en keer met klein messie uit.