Mareli Visser sê: “Ek maak hierdie kortpad-sjokolademousse gereeld. Ek bedien dit in glasies en gebruik dit selfs as versiering vir my kolwyntjies.”
Deur MARELI VISSER
6 bakkies
Bestanddele
6 ballonne
160 g donkerbaksjokolade
15 ml (1 e) olie
250 ml (1 k) room
5 ml (1 t) vanieljegeursel
60 ml (¼ k) kakao
125 ml (½ k) strooisuiker
vars kersies
Metode
- Blaas ballonne klein op en knoop toe.
- Smelt sjokolade in mikrogolf.
- Smeer ballonne liggies met olie en doop onderste helfte na verskillende kante toe in gesmelte sjokolade. Laat staan op skinkbord wat met gesmeerde foelie uitgevoer is en sit in yskas om te stol.
- Gooi room en vanielje in mengbak. Sif kakao en strooisuiker by en klits liggies.
- Bedek met kleefplastiek en verkoel in yskas vir 15 minute.
- Haal ballonne uit en laat staan tot kamertemperatuur. Steek ’n gaatjie met speld naby knoop van ballon en laat stadig afblaas. Verwyder ballon versigtig.
- Haal roommengsel uit yskas en klits tot sagte punte vorm. Skep mousse in spuitsak en spuit in sjokoladebakkie.
- Versier met rooi kersies en bedien verkoel.