4 porsies
Bestanddele
4 eiers, geskei
200 g donkersjokolade
30 ml (2 e) likeur van jou keuse
15 ml (1 e) koffiepoeier
250 ml (1 k) room
Metode
1. Klits eiergele tot liggeel.
2. Smelt sjokolade in mikrogolf of oor dubbelkoker
3. Giet gesmelte sjokolade by geklitste eiergele.
4. Meng likeur en koffiepoeier en roer by sjokolademengsel.
5. Klits room tot styf en roer by sjokolademengsel.
6. Klits eierwitte styf en vou by sjokolade-mengsel in.
7. Skep in glase of bakkies en plaas in yskas tot gestol.