4 porsies
Bestanddele
380 g (1 blik) ingedampte melk
100 g (1 plak) melksjokolade, in blokkies gesny
20 malvalekkers
30 ml (2 e) suiker
knypie sout
Metode
1. Plaas ingedampte melk oornag in yskas.
2. Gooi helfte van melk in kastrol en plaas oorblywende melk terug in yskas.
3. Voeg sjokolade, malvalekkers, suiker en sout by melk in kastrol.
4. Verhit en roer van tyd tot tyd tot malvalekkers en sjokolade gesmelt is.
5. Verwyder van hitte en laat afkoel.
6. Klits koue ingedampte melk by wanneer sjokolademengsel amper afgekoel is.
7. Skep in bakkies of groot bak. Plaas in yskas tot gestol.