Dis juis die groente wat hierdie sjokoladekoek so lekker klam maak – moet net nie vir die kinders sê nie!
• 1 groot koek
Koek
187 ml (¾ k) olie
312 ml (1 ¼ k) strooisuiker
4 ekstragroot eiers
30 ml (2 e) gouestroop
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) murgpampoentjies, gerasper
250 ml (1 k) wortels, gerasper
60 ml (4 e) pekanneute, gekap
625 ml (2 ½ k) bruismeel
2,5 ml (½ t) koeksoda
2,5 ml (½ t) gemengde speserye
5 ml (1 t) fyn kaneel
75 ml (5 e) kakao
knypie sout
Versiersuiker
125 g (¼ blok) sagte botter
750 g (1 groot pak) versiersuiker, gesif
60 ml (4 e) kakao
30 ml (2 e) volroommelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
• Stel oond op 180 °C.
1 Klits olie, suiker, eiers, gouestroop en vanieljegeursel saam.
2 Roer murgpampoentjie, wortels en neute by.
3 Sif bruismeel, koeksoda, speserye, kaneel, kakao en sout saam.
4 Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
5 Spuit twee ronde koekpanne met 22 cm-deursnee met kossproei en voer met bakpapier uit.
6 Verdeel koekbeslag tussen twee koekpanne.
7 Bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat koeke bietjie in koekpanne afkoel.
8 Keer koeke op afkoelrak uit om heeltemal af te koel.
9 Versiersuiker Room botter tot liggeel en donserig met elektriese klitser.
10 Sif versiersuiker en kakao saam. Voeg bietjies-bietjies by botter terwyl jy klits.
11 Voeg melk en vanieljegeursel by wanneer versiersuiker te styf begin raak. Hou aan klits tot versiersuiker donserig is, ongeveer vier minute.
12 Sny koeklae horisontaal in helfte deur en verdeel versiersuiker tussen koeklae.
13 Rond koek af soos verkies.