8 porsies
Betsanddele
2 gekoopte sjokoladesponskoeke
60 ml (4 e) sterk koffie
60 ml (4 e) likeur van jou keuse
SJOKOLADEVULSEL
200 g (1 groot plak) sjokolade, grof gekap
30 ml (2 e) botter
375 ml (1½ k) dikroom
75 ml (5 e) versiersuiker
50 g (½ pakkie) pekanneute, gekap
125 ml (½ k) sjokoladesplinters (chocolate drops)
100 g (1 pakkie) heel rooi kersies
Metode
1. Voer mengbak met inhoudsmaat van bietjie meer as 1 met foelie. Foelie moet oor kante hang.
2. Sny koek in dun skywe en voer mengbak daarmee. Sorg dat bodem en kante bedek is.
3. Meng koffie en likeur. Verf binnekant van koeklae daarmee.
4. Sjokoladevulsel: Smelt sjokolade en botter in dubbelkoker of in mikrogolf teen 70% krag. Roer tot glad.
5. Klits room styf en voeg versiersuiker by terwyl geklits word.
6. Roer roommengsel by gesmelte sjokolademengsel. Roer ook neute, sjokoladesplinters en kersies by.
7. Skep vulsel in gevoerde mengbak. Plaas weer koeklagies bo-op sodat dit mooi bedek is. Verf weer van koffiemengsel bo-oor.
8. Plaas oornag in yskas en keer met behulp van foelie uit. Sit voor soos verkies.