12 groot muffins
Bestanddele
437 ml (1¾ k) koekmeel
75 ml (5 e) kakao
187 ml (¾ k) volkoringmeel
125 ml (½ k) hawersemels (oat bran)
2,5 ml (½ t) knypie sout
2,5 ml (½ t) koeksoda
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
knypie gemengde speserye
4 eiers
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
125 ml (½ k) olie
125 ml (½ k) melk
5 ml (1 t) vanielje
500 ml (2 k) murgpampoentjies, grof gerasper
Metode
Stel oond op 180 °C.
1. Sif koekmeel en kakao. Roer volkoringmeel, hawersemels, sout, koeksoda, bakpoeier, kaneel en gemengde speserye by.
2. Klits eiers en bruinsuiker met elektriese klitser. Roer olie, melk, vanielje en murgpampoentjies by.
3. Roer meelmengsel by eiermengsel en skep in gesmeerde groot muffinpannetjies.
4. Bak vir 20 min of tot toetspen skoon uitkom.