Jy kan ook van jou gunstelingsjokolade in stukkies breek en dit tussen die lae sjokolade-en-karamel-struif pak
1 groot koekstruif of 8 klein porsies
Bestanddele
1 vlaresep (klik hier vir die resep)
2 00 g (1 plak) donkersjokolade, in stukke gebreek
80 ml (1/3 k) room
360 g (1 blikkie) karamel 1 sjokoladerolkoek v erskillende groottes sjokoladeballetjies vir bo-op
Metode
- Roer sjokolade by warm vlamengsel tot gesmelt.
- Roer room by karamel en hou eenkant.
- Sny rolkoek in skywe en pak op bodem en teen kante van glasbak.
- Gooi van sjokolademengsel daarin en pak van koek bo-op.
- Gooi karamel bo-oor koek. Bou lagies tot mengsels op is.
- Versier met sjokoladestukke of -balletjies.