Hierdie resep vir sjokolade-en-karamel-pakkies is net so lekker soos wat dit maklik is!
4–6 porsies
Bestanddele
3 velle fillodeeg
100 ml gesmelte botter
1 80 ml (¾ k) gekookte karamelkondensmelk
12 blokkies donkersjokolade
Maak ook piesangkarameltertjies
Metode
Verhit oond tot 200 °C
- Plaas een vel fillo plat op tafel. Smeer goed met botter en plaas nog ’n vel boop. Herhaal proses tot fillo klaar is.
- Sny fillo in 6 cm x 6 cm-blokkies.
- Plaas eetlepel karamel en ’n blokkie sjokolade in middel van blokkie deeg.
- Sit deegblokkie bo-op en seël goed.
- Plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 5–8 minute of tot goudbruin.