16 blokkies
KOEKLAAG
75 g sagte botter
187 ml (¾ k) ligte bruinsuiker
1 ekstragroot eier
187 ml (¾ k) koekmeel
60 ml (4 e) kakao
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
VULSEL
250 g (1 pakkie) Philadelphia-roomkaas
45 ml (3 e) versiersuiker
1 25 ml (½ k) growwe grondboontjiebotter
SJOKOLADELAAG
2 00 g bruinsjokolade, in blokkies gebreek
60 ml (4 e) grondboontjies, grofgekap
Stel oond op 180 °C.
1 Koeklaag Room botter en suiker met elektriese klitser. Voeg eier by en klits weer tot goed gemeng.
2 Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam.
3 Meng meelmengsel by bottermengsel tot deeg.
4 Voer vierkantige koekpan van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit en spuit goed met kossproei. Plaas bakpapier ook teen kante van koekpan. Dit help met uithaal van blokkies.
5 Skep deeg in koekpan en maak gelyk bo-op. Prik deeg met vurk.
6 Bak vir 15 minute of tot gaar.
7 Laat koeklaag in koekpan afkoel.
8 Vulsel Meng roomkaas en versiersuiker tot glad. Roer grondboontjiebotter by. Moenie meer roer as wat nodig is nie.
9 Skep vulsel op koeklaag en maak gelyk bo-op.
10 Plaas in yskas vir drie uur tot koud.
11 Sjokoladelaag Smelt sjokolade in mikrogolf teen 50% krag.
12 Roer tot glad en skep bo-oor vulsel.
13 Sprinkel grondboontjies bo-oor voor sjokolade stol.
14 Plaas weer in yskas tot sjokolade gestol is.
15 Verwyder met behulp van bakpapier uit koekpan.
16 Doop skerp mes in kookwater, vee vinnig af en sny in blokkies.
17 Berg koekies in yskas.