Terrence Ford, uitvoerende sjef by die African Pride Crystal Towers Hotel & Spa in Kaapstad se resep vir sampioen-veloute:
Bestanddele
40 ml olyfolie
3 fyngekapte uie
8 knoffelhuisies, fyngekap
40 gram gekapte tiemie
2 kg sampioene
640 ml wit wyn
560 ml vars room
40 ml truffel olie
130 g parmesaan
600 ml groente-aftreksel
40 ml olyfolie
3 fyngekapte uie
8 knoffelhuisies, fyngekap
40 gram gekapte tiemie
2 kg sampioene
640 ml wit wyn
560 ml vars room
40 ml truffel olie
130 g parmesaan
600 ml groente-aftreksel
Metode
1 Braai die uie tot goudbruin en voeg die knoffel en tiemie by en braai tot die rou knoffelreuk verdwyn. Voeg witwyn by en laat prut tot die helfte van die vloeistof. Voeg die sampioene en ’n knypie sout by.
2 Laat sampioene op medium hitte kook en as dit gaar is, voeg die room en aftreksel by. As die mengsel kook, haal van die stoof af en voeg die parmesaan en truffelolie by en geur met sout en peper na smaak.