Die veelsydige woordsmid Marlise Scheepers gesels met Christiaan J de Swardt oor haar lewenskombuis in ons 29 Augustus-uitgawe. Hier vertel sy van steak en flops.
Christiaan J de Swardt
Marlise se gunstelinggereg
Steak! Daar is vir my amper niks lekkerder in die wêreld as ‘n pienk steak nie. Ek het vleistande. En ek het ongelooflike respek vir vegetariërs en vegans. Ek weet nie hoe hulle dit regkry nie.
Kombuisuitdagings
Die gebak van beslagte. Ek is nie ‘n deegkok nie. Om die waarheid te sê: Ek is bang vir deeg. In die warm kombuis voel ek tuis.
‘n Toneel uit Snoekie se nuwe musiekvideo. Riaan
Cruywagen sit agter in die motor.
Grootse flop nóg
By die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, was my heel eerste opdrag om te kyk dat ses oondpanne met snye van ‘n spesifieke soort brood nie in die oond brand terwyl dit gerooster word nie.
Jy rooster die brood met ‘n bietjie olyfolie, kruie en knoffel in die oond. Die sjef vra my toe om ‘n oog oor die brood te hou, maar ek raak toe aan die gesels met een van my mede-interns en toe brand die brood.
Nou nie swart verkool nie, maar ons kon dit nie gebruik nie. Ek was verskriklik skaam daaroor. Is eintlik nou nog skaam daaroor.
Wen 5 CD’S
Vyf gelukkige lesers kan elk Marlise se CD ‘n Beige Ford Cortina wen! Klik hier om in te skryf.
SOURCES
Andrea Caldwell