Sjef Frans Groenewald van Gabriëlskloof Landgoed buite Botrivier se resep vir aartappel en artisjoksop met Prosciutto skyfies en truffelolie
BESTANDDELE
2 kg geskilde aartappels in blokkies gesny
1 kg ingelegde artisjokke
Een suurlemoen se sap
30 gr botter
2 uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies fyn gekap
1.5 l groente- of hoender aftreksel
2 koppies volroom melk
2 koppies room
3 takkies tiemie
6 snye prosciutto
Truffelolie

METODE
1 Smelt botter in ’n souspan, voeg ui by en kook tot sag. Voeg knoffel en aartappel by en roer goed deur die uie-en-botter mengsel. Bedek met aftreksel, suurlemoensap en melk en laat prut tot aartappels halfgaar is.
2 Voeg die artisjokke en tiemie by en prut tot die groente lekker sag is. Laat afkoel en sit in voedselverwerker en verwerk tot dik, romerige puree. As jy reg is vir opdien, verwarm en voeg die room oor lae hitte by.
3 Vir opdiening, sprinkel met truffelolie en prosciutto skyfies.
Nota: Maak die prosciutto skyfies deur die repies op bakpapier in die oond te rooster vir 10 min teen 120°C. Dit kan vooraf gedoen word.